Vroeg in 2020 is die wêreld is op sy kop gedraai vir die oorweldigende meerderheid van ons. Nie net moes ons gewoond raak aan die dreigende gevaar van ‘n wêreldwye pandemie nie, maar ons vryheid van beweging ook aansienlik ingeperk. Ewe skielik moes alles – van werk tot speeltyd tot selfversorging – tuis geskied. Dr. Tienie Maritz, ‘n sielkundige in Pretoria, het besef dat mense steeds terapie en ondersteuning gaan benodig – nou dalk meer as ooit – en het sy dienste aangepas sodat die wat dit nodig het, aanlyn toegang kan kry.
Vir dié wat dit verkies en in die omgewing is, is Dr. Tienie Maritz steeds beskikbaar vir sessies van aangesig tot aangesig by sy spreekkamer in Pretoria. Dit is wel die moeite werd om die voordele van ‘n aanlyn sielkundige te oorweeg:
‘n Terapeut wat jou behoeftes pas
Dr. Tienie Maritz is ‘n gevestigde sielkundige wat al vir jare werk vanuit sy praktyk in Pretoria. Hy is hoogs gekwalifiseerd en paar hierdie kundigheid met ‘n diepe meegevoel vir sy medemens. Hy glo dat almal die geleentheid verdien om na ‘n beter lewe te streef, en help graag waar hy kan om dit ‘n werklikheid vir sy pasiënte te maak.
Hy sien graag individue, paartjies, en families, en help ook met onderwerpe soos traumaberading en beroepsontwerp.
As jy opsoek is na ‘n sielkundige in Pretoria, kontak Dr. Tienie Maritz se spreekkamer vandag nog.
Sources:
https://www.theraplatform.com/blog/249/advantages-of-online-therapy
https://www.verywellmind.com/advantages-and-disadvantages-of-online-therapy-2795225
Get the latest information from the S.A Health Department about COVID-19 - LEARN MORE