Vind ’n Sielkundige in Pretoria wat Effektiewe Trauma-Berading Bied

Sukkel jy met ’n traumatiese gebeurtenis wat jy net nie kan oorkom nie? Jy is nie alleen nie – daar is baie mense in Pretoria, asook die res van Suid-Afrika, wat met trauma leef. Dis dalk tyd dat jy die raad van ‘n sielkundige soek. Dit mag dalk net jou lewe verander.

 

Die Ontwrigtende Effekte van Trauma

Trauma verwys na ’n reaksie op ’n stresvolle gebeurtenis, soos verwaarlosing, ’n motorongeluk, mishandeling, die skielike dood van ’n geliefde, seksuele aanranding, of ’n natuurramp – situasies wat emosioneel, psigologies, of fisies ontwrigtend is. Dit kan ’n mens se gevoel van sekuriteit vernietig en jou kwesbaar, magteloos, en depressief laat voel.

Trauma kan ’n groot impak op ’n persoon se lewe hê. Terwyl sommige mense bewus is van die impak wat trauma op hul lewens het, is daar ander wat nie eens besef dat hulle daardeur geraak word nie. Dit kan lei tot herhalende terugflitse, vrees, verwarring, pyn, of post-traumatiese stres.

70 – 90% van mense ervaar ’n merkwaardige verbetering in hul lewenskwaliteit ná deelname aan psigoterapie. As jy wonder of ’n besoek aan ’n sielkundige in Pretoria die regte stap vir jou is, oorweeg die volgende maniere waarop ’n sielkundige jou kan help om deur jou trauma te werk – ‘n professionele berader kan jou:

 

  • Vergesel op die pad na herstel en om traumatiese ervarings te verwerk.
  • Help om jou vrese en onsekerhede te oorkom.
  • Bekend stel aan effektiewe maniere om angs, stres, of depressie te hanteer.
  • Voorberei om ’n krisis te hanteer wanneer dit weer ontstaan.
  • Help om jou trauma of verlies beter te verstaan.
  • In staat stel om verhoudings met familie, vriende, en kollegas te verbeter of herbou.

 

Hoewel alle sielkundiges op die oog af soortgelyk mag lyk, is dit nie altyd die geval nie. Daarom is dit belangrik om versigtig te wees wanneer jy ’n sielkundige in Pretoria kies.

Indien jy in Johannesburg, Pretoria of omtrek woon en op soek is na ’n bekostigbare sielkundige wat jou kan help om jou traumatiese ervaring te oorkom, maak gerus ’n afspraak met Dr Tienie Maritz.

Geleë in Pretoria en met meer as twintig jaar se ondervinding, is Dr Tienie Maritz ’n bekende sielkundige met ’n indrukwekkende suksesrekord in die toepassing van psigoterapie. Dit lê vir Dr Tienie Maritz na aan die hart om volwassenes, tieners, en kinders van alle ouderdomme te lei op hulle reis na hertel, asook verder – om te floreer in hulle lewens. Dr Tienie Maritz bied ook gunstige mediese fonds-tariewe en maklike betaalplanne aan vir diegene wat nie op ’n mediese fonds is nie.

A message from Dr Tienie Maritz

Get the latest information from the S.A Health Department about COVID-19 - LEARN MORE