Die sogenaamde “nuwe” benaderings in die huidige onderwyssituasie laat ouers dikwels in moedeloosheid vra: “Wanneer hou ‘n ouer dan ooit op skoolgaan?” Die antwoord is eenvoudig:”Beslis nie terwyl jou kinders nog skoolgaan nie!”
Die konstante veranderinge in die benadering tot leerstof binne die onderwysstelsel, laat ouers en onderwysers dikwels “buite beheer” voel. Die maklikste uitweg is om die kind aan sy eie heil oor te laat.
Hoe om kinders groot te maak het nie ‘n perfekte resep nie, maar dit bly hoofsaaklik ouers se verantwoordelikheid. Daarom bly die ouer die kind se “life-coach” dwarsdeur sy lewe, en dit verg o.a. inspanning, belangstelling, luister, empatie, dissipline, besluitneming, keuses, opoffering en tyd!
Hoe om kennis binne ‘n onderrig-leersituasie oor te dra het ook nie ‘n perfekte resep nie, maar dit bly hoofsaaklik die onderwyser se verantwoordelikheid. Daarom bly die onderwyser die kind se “akademiese mentor” deur sy skoolloopbaan en dit verg o.a. inspanning, belangstelling, kennis, geduld, dissipline en tyd!
Ouer en onderwyser ontmoet mekaar eintlik by ‘n baie besondere punt – by die kind!
Kinders is kinders, unieke wesens wat met beplande begeleiding kan ontwikkel in gebalanseerde volwassenes. En daarom moet ouers en onderwysers hande vat in hierdie verantwoordelike proses. Opvoeding en onderrig gebeur nie net nie, dit is ‘n voortdurend veranderende, fyn beplande en doelwit-gedrewe strategie.
Dissiplinêre probleme, onderprestasie, kinder-depressie, dwelmmisbruik is aan die orde van die dag. Waar lê die probleem in die hedendaagse situasie? By die ouers, onderwyser of die kind?
‘n Beplande opvoedings- en onderrigstrategie begin by die antwoorde van vrae soos:
Hierdie onderwerpe word in die volgende weke deurgetrap – die begin van ‘n fyn beplande opvoeding strategie!
Get the latest information from the S.A Health Department about COVID-19 - LEARN MORE