Breek Vry van die Boeie van Stres met die Hulp van ‘n Sielkundige in Pretoria

Ons daaglikse lewe is so ’n gejaag dag in en dag uit. Dis opstaan, kinders regkry vir skool, verkeer aandurf, werk, werk, werk, weer verkeer, dalk ’n onvervulde huwelik daarby, en nóg ‘n nag van sleg slaap. Klink dit bekend? Vir té veel van ons is dit ’n roetine. Maar dit hoef nie te wees nie. Jy kan uit hierdie bose kringloop van ongeluk breek en weer beheer neem oor jou eie lewe. Dr. Tienie Maritz is ’n sielkundige in Pretoria met ’n geskiedenis van mense help om hulle uitdagings aan te pak en om hulle toe te rus om beter en gelukkiger te lewe.

Die eise wat alledaagse lewe aan ons stel eis sy tol – selfs wanneer dit voel of dinge volgens plan verloop. Mededinging in die werkplek is strawwer as ooit en werkgewers verwag in die algemeen meer en meer in minder en minder tyd. Verder het baie van ons ook vergeet hoe om af te skakel en behoorlik te rus. Met die verloop van tyd bou hierdie spanning op en kan dit negatiewe nagevolge vir ons gedagtes, denkwyses en liggame inhou. As ’n ervare sielkundige in Pretoria het dr. Tienie Maritz al vele pasiënte gehelp om hierdie kringloop te verbreek.

Indien dit nie aangespreek word nie, kan stres ’n verskeidenheid probleme veroorsaak, soos:

  • Hoofpyne
  • Spierspasmas
  • Borspyn
  • Moegheid
  • Verandering in jou seksdrang
  • Omgekrapte maag
  • Slaapversteurings
  • Angstigheid
  • Rusteloosheid
  • Lae motivering
  • Konsentrasieprobleme
  • Gevoelens van oorweldiging
  • Irritasie en woede
  • Hartseer en depressie
  • Ongesonde eetgewoontes
  • Dwelm- en/of alkoholmisbruik
  • Sosiale onttrekking

Indien jy besef dis tyd om ’n sielkundige in Pretoria te gaan spreek, is dit nie ’n erkenning van mislukking nie. Inteendeel, dis die eerste stap om krag binne in jouself te vind, jou probleme aan te pak en weer beheer oor jou lewe te neem. Met die hulp van ’n sielkundige in Pretoria kan jy weer die energie vind om elke dag met ’n huppel in jou stap aan te pak. Daardie gevoel van angstigheid of vrees aan die begin van elke dag of vóór elke interaksie met ’n ander persoon hoef nie meer jou lewe te regeer nie. Jy kan die krag binne jouself vind om dit te oorkom.

Indien enige van hierdie probleme tot jou eie ervaringe gespreek het, moet jy dit dalk sterk oorweeg om ’n sielkundige in Pretoria te besoek. Doen dit vir jouself en jou geliefdes. Gee jouself die uitkoms wat jy verdien. Kontak Dr. Tienie Maritz vandag nog om ’n afspraak te maak.